This page has been validated.
{{{1}}}
Government Gazette, 28 November 2008

Kennisgewing 1490 van 2008

Munisipale Afbakeningsraad

Versoek ingevolge artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998 (Wet No. 27 van 1998) vir die herbepaling van die munisipale grense van Wes-Rand Distriksmunisipalitiet (DC48) en Kenneth Kaunda Distriksmunisipalitiet (DC40)

(Gauteng/Noord-Wes)

Ingevolge Artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998, het die Minister van Provinsiale en Plaaslike Regering, die Munisipale Afbakeningsraad versoek om die grense van Wes-Rand Distriksmunisipalitiet (DC48) en Kenneth Kaunda Distriksmunisipalitiet (DC40) te herbepaal, deur Merafong City Plaaslike Munisipaliteit uit te sluit van die munisipale gebied van Kenneth Kaunda Distriksmunisipalitiet (DC40) en dit in te sluit in die munisipale gebied van Wes-Rand Distriksmunisipalitiet (DC48).

Die betrokke kaarte wat die Minister se versoek reflekteer, word hiermee gepubliseer.

Die Raad sal binnekort 'n kennisgewing ingevolge artikel 26 van die Afbakeningswet, 1998 in die media publiseer om die publiek uit te nooi om menings en en vertoë oor die saak aan die Raad voor te lê.

Die herbepaling van die munisipale grense is onderworpe aan 'n wysiging van die Grondwet van die Republiek, om Merafong City uit te sluit van die geografiese gebied van Noord-Wes Provinsie, en dit in te sluit in die geografies gebied van Gauteng Provinsie.

Vuyo Mlokoti
Voorsitter: Munisipale Afbakeningsraad